DIE GOEIE NUUS

DIE GOEIE NUUS

Rom 1: 17: Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”

Rom 3:20&22&27&28: Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie. Hoe beter ons die wet van God leer ken, hoe duideliker blyk ons sonde.
God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo.
Kan ons ons dus daarop beroem da tons enigiets gedoen het om die vryspraak te verdien?
Dis heeltemal buite die kwessie, want ons vryspraak berus nie op ons goeie dade ie, maar op ons geloof. Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsgehoorsaming nie.

Rom 4:23&24: Hierdie wonderlike waarheid – dat God Abraham regverdig verklaar het omdat hy geglo het – staan nie net opgeteken ter wille van Abraham self nie. Dit wil ook vir ons verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het.

Rom 8: 18: Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.

Rom 10:6-10: Maar die vryspraak wat ‘n mens kry deurdat jy glo, se boodskap is: “Jy hoef nie in jou hart te wonder: ‘Wie sal na die hemel opklim’ – dit wil sê om Christus na die aarde toe te bring om jou te help, of: ‘Wie sal na die plek van die dooies onder die aarde afdaal’ – dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie. Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:
‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’
Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreeek en as ons met ons mond bely, word ons verlos.

Hierdie Skrifgedeeltes is GOEIE NUUS!!! Tog sukkel so baie nog steeds om dit te glo.

Ons leef in ‘n wêreld waar ons elke sekonde van die dag, die nuutse nuus kan lees of hoor. Daar is verskillende platforms waarop dit versprei word en mens weet regtigwaar nie meer wat is waar of onwaar nie. Alles lyk reg. Waarheid word so verdraai dat mens twyfel oor die egtheid van die nuusberig.

Almal hou van ‘n stukkie goeie nuus.

In die Woord lees ons eers ‘n stukkie slegte nuus:
Rom. 3: Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.
Die loon van die sonde is die dood.

Elke liewe mens is bestem vir die dood. Goeie mense wat elke Sondag kerk toe gaan, mense wat die Bybel van voor tot agter ken, almal gaan dood.

Maar die goeie nuus is dat almal wat glo dat Jesus gesterf het vir ons sondes en weer opgestaan het, vir hulle is daar geen veroordeling nie. Die loon van die sonde – die dood – tel nie meer vir Christene nie!
Hoekom nie?
“Want Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. “ – Kol. 2:14
“Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.” – Rom.8:1

Net soos wat ons deesdae moet besluit watter nuus ons gaan glo, kan ons besluit of ons hierdie Goeie Nuus van God gaan glo of nie.

Ek wil jou vandag aanraai: Glo dit! Dit sal jou lewe red. Moenie na bewyse soek of in redenasies betrokke raak nie. Glo dit net.

Dit sal jou vrymaak. Jy sal in oorwinning leef en heers as koning en priester.

Dankie Jesus vir die GOEIE NUUS!

Scroll to top