Deure, Desiree Kleinhans

22 April 2024

Gisteroggend, na die kerk diens, terwyl ek in die paadjie  afstap, vang my oog ‘n man en sy vrou wat nog sit en gesels.  Op die ingewing van die oomblik stop ek by hulle en sê vir die vrou dankie vir haar vriendelike gesig, want sy lag altyd, die mooiste glimlag.  Haar man lag toe en sê vir my: jy het haar nog nie agter toe deure gesien nie!  (Hy het dit in ‘n goedige, ligte manier gestel).  Ek hoor myself  Antwoord:  “ons het almal so ‘n deur”.

Later deur die dag, het ek myself gevang dat ek kort kort aan my eie woorde dink:  ons het almal so ‘n deur.

Ek het gewonder, moet ons so ‘n deur he?  Is dit Christelik korrek om so ‘n deur te he?  Mag ons soms agter ons deur gaan wegkruip?

Mag ons nie so vriendelik wees met die mense in ons huise,  vir wie ons eintlik die liefste behoort te wees?

Mag ons, ons maskers afhaal en ons minder mooi kant vir ons geliefdes, agter ons deur wys?

Mag ons hoegenaamd so ‘n kant he?

Ek kon op geen van hierdie vrae die Antwoord “ja” vind nie.

Ek het besef, ons moet ‘n oopdeur-beleid handhaaf.

Ons mag maar deursigtig wees.  Ons mag maar niks he om weg te steek.  Al wat ons eintlik moet wys is LIG.

Here, maar hoe gaan ek dit regkry?  Want ek vererg my beslis soms vir my man.  Ek wys beslis vir hom my lelike, koue skouer.  In die proses, word ekself al hoe leliker vir myself.  Ek wil nie eers vir myself in die spieel kyk nie, want ek sien ‘n kwaai, lelike vrou.  Nie die sagte, vriendelike gesig wat ek vir die wereld wys nie.

Here, vir wie bluf ek?  U sien dwarsdeur al my deure.

My deure van irritasie

My deure van ‘n tikkie jaloesie wat ek soms voel

My deure van kwaad word

My deure van liggeraakheid

My deure van ongeduld

My deure van wegkyk waar ek diensbaar kon wees

My deure van eiebelang

Here, die lys is lank, te lank.  Te lank, vir ‘n vrou wat daarop roem dat sy die dogter van ‘n Koning is.  ‘n Koning wat haar as heilige dogter verklaar het. Dankie Here dat u deure oopstoot en mure afbreek.  Dankie dat U ons nog bewus maak van hierdie toe deure.  Dankie dat ek elke dag my deure een vir een wil oopmaak.  Soms maak ek net skrefies oop.  Soms gooi ek hulle wawyd oop, soms wil ek die sleutel in die slot draai en hulle sluit!

Dankie Here, dat ons feilbaar is in die vlees, maar magtig en sterk in U Gees.  Help my Here om elke dag, net op U staat te maak, maak my bewus van U groot opstandigskrag binne in my.

Dankie dat U ons bewus maak van toe deure.

Dankie dat U die begeerte in my hart geplaas het, om my deure oop te gooi en om ook al my deure te vervang met glas-skuif deure, sonder slotte!

Ps. 139:22,23

Ondersoek my, o God, en ken my hart; toets my, en ken my onstellende gedagtes.  Kyk of ek nie op ‘n pad van verdriet is nie, en lei my op die ewige pad.

Scroll to top